SportisiKids Afrikaans

Die grootste uitdaging vir die netbalafrigter is dat daar nie genoeg tyd in ‘n seisoen is om die individu EN die span af te rig nie. Die gevolg is dat die span altyd die eerste fokus is, alhoewel die probleme en uitdagings heel dikwels op ‘n individuele ontwikkelings-vlak lê. Die frustrasie vir spelers, ouers en afrigters is dat die individu en haar vermoëns en vaardigheidsvlak die sukses van die span beïnvloed.
Figuur 1: Die sukses van ‘n netbalseisoen bestaan uit verskillende boustene.

Die vraag wat derhalwe ontstaan is: "Waarheen kan ek my kind of spelers neem, om te verseker dat individuele ontwikkeling en afrigting kan plaasvind sodat sy kan vorder van die "B-" na die "A-" span of van "A-" span na die provinsiale span?”
Ons besef hoe besig onderwyser-afrigters is en hoe skaars, eksterne professionele, kundige afrigters is en daarom die volgende oplossing:
Sportisimo het ‘n afseisoen-produk wat fokus op individuele vaardigheidsontwikkling wat aangebied word deur kundige, opgeleide afrigters gebaseer op ‘n wetenskaplike program wat ontwerp is deur Dr. Elsje Jordaan*. Hierdie program verseker dat spelers in die afseisoen ‘n vaardigheidsontwikkelingsprogram deurloop wat afrigters toelaat en in staat stel om in-seisoen op spanafrigting te konsentreer. Dit kan sodoende bydrae tot groter netbalsukses vir die span.
1.1. *Wie is Dr Elsje Jordaan? (PhD in Sportwetenskap aan die Universiteit van Pretoria)Elsje was die kaptein van die Spar Protea netbalspan en het haar span na die 2003 Wêreldbekertoernooi in Jamaica gelei. Sy verteenwoordig Suid-Afrika in 88 internasionale wedstryde waarvan 48 toetse was. Sy was ook die kaptein van Gauteng Noord en die Thunderbirds (Nasionale Liga-kampioene 3 jaar agtereenvolgens).
Elsje studeer en werk in 2000 by die Victorian Institute of Sport (VIS) in Melbourne, Australie en speel gedurende dié tyd onder die leierskap van Joyce Brown, afrigter van Australië wat drie goue medaljes by Wêreldbekertoernooie wen. In 2004 begin sy haar eie Sportkonsultasiepraktyk genaamd, SPORTISIMO. In 2008 behaal Elsje haar PhD-graad in Sportwetenskap aan die Universiteit van Pretoria met die fokus op talentidentifisering in netbal.
Verder was Elsje ook betrokke by die spoed en ratsheidsprogram in 2006 van die seervierende 2007 Rugby Springbokke. Sy was gedurende 2007 – 2011 die hoofafrigter van o.a. die Universiteit van Johannesburg – wenner van die bronsmedalje in 2011 by die Nasionale Universiteite toernooi. In 2007 tree sy op as tegniese analis vir die Spar Protea netbalspan na die Wêreldbeker toernooi in Nieu Seeland. In 2009 rig sy die Gauteng O/21 span af en word die span gekroon tot Nasionale O/21 Kampioene. In 2009 en 2010 word sy aangewys as die SA Studenteafrigter en in 2009 verower die span die goue medalje tydens die Afrika Studente Kampioenskappe in Malawi. In 2011 begin Sportisimo die baie opwindende, semi-professionele “Netball Grand Series”. Elsje rig die Starlight Jets in dié kompetisie af en verwerf die brons medalje in 2011, naas die Galaxy Blues van Pretoria en die Lighting Roses van Bloemfontein.
Agtergrond oor die SportisiKids-program:
1. VAARDIGHEIDS-ONTWIKKELING
Navorsing bevind die volgende (in volgorde van belangrikheid) oor hoekom jong kinders aan sport deelneem.
- Om pret te hê;
- Om te leer en vaardighede te verbeter;
- Om fiks te word;
- Om hulle doelwitte te bereik;
- Om tyd saam met vriende te spandeer en nuwe vriende te maak;
- Om deel te hê aan die uitdaging en die opwinding;
- Om te wen.
Die SportisiKids-program neem die doewitte van kinders asook die verskillende ontwikklingsfases van die individu in ag. Die program fokus hoofsaaklik op die ontwikkeling van fundamentele bewegingsvaardighede.
Figuur 2: Die ABC’s van fundamentele bewegingsvaardighede

Figuur 3: Verskillende aspekte wat aangespreek word tydens die program

Die program is ontwikkel op navorsingsbevindinge rakende die spesifieke karaktereienskappe van die verskillende ouderdomsgroepe. Die verskillende ouderdomsgroepe is:
|
SportisiKids
|
Duur van sessies
|
Sessies per week
|
|
|
Fase 1
|
8 – 9 jariges
|
45 minute
|
2
|
|
Fase 2
|
10 – 11 jariges
|
60 minute
|
2
|
|
Fase 3
|
12 – 13 jariges
|
80 minute
|
2
|
VOORBEELD van die kaart van karakter-eienskappe van FASE 1: 8-9 jariges.
|
KARAKTER-EIENSKAPPE VAN SPELERS 8 – 9 JAAR
|
|
|
SPELER KARAKTER-EIENSKAPPE
|
WAT BENODIG ‘N SPELER?
|
|
FISIEK
|
|
|
|
|
SOSIAAL
|
|
|
|
|
KOGNITIEF
|
|
|
|
|
EMOSIONEEL
|
|
|
|
2. HOE WORD MY SKOOL DEEL VAN DIE SPORTISIKIDS PROGRAM?
- Die skool,neem die besluit dat hulle wil aansluit by die SportisiKids program.
- Die skool stel ‘n onderwyser aan as kontakpersoon vir ouers en Sportisimo.
- Die skool stuur inligtingsbriewe aan ouers uit.
- Sportisimo is beskikbaar vir ‘n inligtingsvergadering met ouers t.w.v navrae, indien nodig.
- ‘n Speler skryf as ‘n individu in vir die program – geen spanverwante afrigting vind plaas nie.
- Minimum van 20 spelers per ouderdoms-fase is nodig vir die fase om aangebied te word.
- Die program kan aangebied word op dae wat vir die skool gerieflik is en inpas by die buitemuurse program van die skool.
- Slegs een ouderdomsfase kan per skool aangebied word, in geval van beperkte belangstelling in ander ouderdomsfases.
- ‘n Eenmalige registrasiefooi van R 90.00 per speler – sluit SportisiKids T-Hemp in.
- Hoeveelheid sessies per week word deur die skool bepaal.
* Hierdie opsie plaas geen afseisoen belading of verantwoordelikheid op onderwysers nie.
Opsie 2: Sportisimo afrigters bied slegs 1 sessie per week aan, afrigters bied 2e sessie in die week aan en dien slegs as inoefening van SportisiKids sessie.
* Hierdie opsie plaas ekstra afseisoen belading en verantwoordelikheid op onderwysers.
3.1. Koste per maand:
3.1.1 Opsie 1:
Fase 1: R 150.00 p/persoon ( 8 sessies p.m. = R 18.75 per sessie)
Fase 2 : R 160.00 p/persoon ( 8 sessies p.m. = R 20.00 per sessie)
Fase 3: R 180.00 p/persoon ( 8 sessies p.m. = R 22.50 per sessie)
3.1.2. Opsie 2:
Fase 1: R 80.00 p/persoon ( 4 sessies p.m. = R 20.00 per sessie)
Fase 2 : R 90.00 p/persoon ( 4 sessies p.m. = R 22.50 per sessie)
Fase 3: R 100.00 p/persoon ( 4 sessies p.m. = R 25.00 per sessie)
Individuele inskrywingsvorms sal beskikbaar gestel word sodra die skool die besluit geneem het rakende deelname aan die program.
Indien u enige verdere inligting benodig moet asb nie huiwer om ons te kontak nie. Ons sien uit daarna om jou skool in die Sportisimo-familie te verwelkom.